Meer oor ons
Huiseienaars is oor die algemeen nie tegnies ingestel nie. Dié kwesbaarheid gee soms die elektrisiën, loodgieter en tegnikus die geleentheid om die situasie uit te buit.
Uitroepkostes kan ‘n hoë finansiële las meebring, tesame met arbeidskostes en kostes van onderdele, wat buitensporige bedrae kan beloop.
Daar is tans geen regulasies wat die kostes en standaarde in die bedryf reguleer nie en dit het tot gevolg dat buitensporige pryse kwoteer word teenoor die gehalte werk en hoeveelheid werk wat gelewer word.
Dit laat publiek met ‘n negatiewe persepsie teenoor die toepaslike bedryf.
As antwoord op bogenoemde, was HOMECARE 24/7 gestig.
Ons benadering is om uitmuntende diens met integriteit in die elektriese, loodgieters en tegniese industrie te lewer met die beskerming van ‘n versekeringspolis vir u gemoedsrus.
Homecare is op die stadium nie aan individue beskikbaar nie, maar slegs aan groepe huiseienaars.