Hoe om te Eis
Met die gebeurtenis van ‘n versekerde gebeurlikheid moet die kliënt die eis rapporteer via die nasionale telefoon nommer 0861 10 17 10 aan die oproepsentrum, wat ‘n diensverskaffer (nadat ‘n afspraak gemaak is) onmiddellik of op ‘n tyd wat die kliënt pas sal uitstuur.
Geen papierwerk is nodig nie, aangesien die totale gesprek op band vasgelê word.
Die kliënt moet sy ID nommer of polisnommer aan die oproepsentrum verskaf om sodoende homself as versekerde te identifiseer.
Slegs diensverskaffers soos bepaal deur die oproepsentrum mag gebruik word.
Sou ‘n kliënt gebruik maak van sy eie diensverskaffer, sal dit vir sy eie rekening wees.
Die kliënt is verantwoordelik vir die bybetaling van R280.00 en moet dit aan die diensverskaffer betaal, nadat die diens afgehandel is.
In die geval van LCD en Plasma TV's, is die bybetaling 50% van die totale eis in alle gevalle.
Die oproepsentrum sal die kliënt op hoogte hou met die vordering van die eis.