Proses van Ondersteuning

 

Ons het ‘n 24uur / 365 dae per jaar oproepsentrum in bedryf, ons infrastruktuur in terme van diensverskaffers is in plek en ons het ‘n nasionale telefoon nommer vir alle foute en navrae – 0861 10 17 10.

Een oproep kan al u loodgieter, elektriese  en instandhouding van toebehore noodgevalle oplos.

 

Diensverskaffers is betroubare instansies, waarmee verhoudings oor jare opgebou is en wat diens van hoogstaande gehalte lewer, reg deur die RSA en Namibië.

 

Al die oproepsentrum-operateurs deurloop uitgebreide opleiding in produkkennis, kliëntediens en eisehantering.

 

Die oproepsentrum is hoogs produktief en hanteer ‘n groot aantal gebeurlikhede op ‘n daaglikse basis, om sodoende kliënte tevredenheid te verseker. Eise word landwyd hanteer en ons het gevestigde verhoudings met diensverskaffers reg oor die land opgebou.

 

Eise word doeltreffend en effektief hanteer

 

Alle eise word gerapporteer deur die nasionale telefoonnommer.

 

Geen eisvorm word voltooi nie, aangesien alle oproepe opgeneem word vir doeltreffende rekordhouding.

‘n Diensverskaffer word bykans onmiddellik uitgestuur (nadat ‘n afspraak gemaak is), of op ‘n tyd wat die kliënt pas.

 

Geen oortyd of addisionele kostes word gehef, vir noodgevalle, tydens naweke of openbare vakansiedae.